Posts

3 Junie 2019: Maandag

Image
Ek het 'n vreeslike slegte nag gehad - eers was ek so moeg ek kon nie my oe oop hou nie - klim toe in die bed so rondom 21:30 gisteraand net om vanoggend rondom 2 penorent wakker te wees - het darem so rondom 5 weer aan die slaap geraak maar net 'n uur geslaap ... sug ... Ek staan toe meer vroeg op en begin my tasse inpak ... die hotel sluit nie my ontbyt in nie en na ek ge'contemplate' het of ek R200 wil betaal vir 'n verlepperige eier besluit ek om dit te doen eerder as om nou eers die wereld plat te stap om kos te kry .. New York is nie Newy sonder om 'n draai te maak by B&H nie ... ek stap (en ry bus) en is net na 10 by die Joodse winkel - kry toe vir my 'n power bank wat sal werk vir my rekenaar .. iets wat ek al lankal wou he - inteendeel dit charege eintlik enige iets solank jy net dit inplug .. Ek vat eers die pakkie terug hotel toe en vang toe die trein af na die Suide van Manhattan om Dermalogica te besoek - daar gekom besef ek die pryse

2 June 2019

Image
Ek het vroegoggend gearriveer in New York - als het net smooth gegaan by immigrasie waar hulle 'n nuwe elektroniese stelsel het wat fantasties werk - jy doen jou vingerafdrukke en foto's en als klaar daar dan druk dit vir jou 'n kwitansie wat jy dan ingee by 'n immigrasiebeampte - wat 'n fees. Ons het 6:40 geland en 7:30 toe sit ek al in 'n taxi op pad Manhattan toe. Die verkeer was non-existent en ek was net voor 8 by die hotel. Dit was nou die vinnigste wat ek nog ooit in NY ingekom het - dit help natuurlik dat dit Sondag is. Na twee gratis koffies by die hotel het ek besluit om eerste gou op te gaan met Empire Building - dit kos natuurlik 'n fortuin maar iets wat ek nog altyd wou gedoen het .. die view is absoluut fantasties .. mens kan die hele Manhattan van verskillende hoeke beloer. Ek het met 'n lang mou hemp gereis maar na Empire het ek besef ek sal moet bietjie koeler aantrek en gaan eers terug hotel toe voor ek verder die strate gaan verken